RIVERSDAL NUUS - Twee leerders van Hoërskool Langenhoven op Riversdal het aan Hessequa Harmonie se 2021 kunsuitstalling deelgeneem.
Zanel Meyer, 'n graad 9-leerder en Hilé du Plessis, graad 10-leerder het as deel van die Hessequa-kunsroete-uitstalling, Spring Harmony uitgestal.
Dit het vanaf 21 tot 25 September op Heidelberg plaasgevind.
"Die skool is baie trots op hierdie talentvolle opkomende kunstenaars en wens hulle sterkte met hulle kunstalent toe," het die skoolhoof, mnr Piet de Villiers gesê.
Hilé du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'