HESSEQUA NUUS - Die afgelope week is 2,6 mm reën in Riversdal se opvanggebied gemeet.
Die Korentepoort- sowel as Duivenshokdam se vlakke het gedaal, maar die Olive Grovedam se vlak het met 17% gestyg. Die ander damvlakke in die Hessequa-streek het konstant gebly.
Die jongste stand van damme
7 November
- Korentepoortdam - 85%
- Duivenhoksdam - 87,5%
- Olive Grovedam - 68%
- Jongensfonteindam - 100%
14 November
- Korentepoortdam - 82,72%
- Duivenhoksdam - 86,8%
- Olive Grovedam - 85%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'