HESSEQUA NUUS - Die afgelope week is 11 mm reën in Riversdal se opvanggebied gemeet. Die Korentepoort- sowel as Duivenshokdam se vlakke het effe gedaal, maar die ander damvlakke in die Hessequa-streek het konstant gebly.
Die stand van damme oor die afgelope twee weke:
24 Oktober
- Korentepoortdam - 88%
- Duivenhoksdam - 88,7%
- Olive Grovedam - 68%
- Jongensfonteindam - 100%
31 Oktober
- Korentepoortdam - 86%
- Duivenhoksdam - 87,5%
- Olive Grovedam - 68%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'