HESSEQUA NUUS - Die afgelope week is geen reën in die Korentepoortdam in Riversdal se opvanggebied gemeet nie en het die damvlak van 95% tot 81% gedaal.
Die Olive Grovedam het met 2% na 57% gestyg en die Duivenshokdam is sowat 1% laer en staan nou op 97,9%.
Die ander damvlakke in die Hessequa-streek het konstant gebly.
Die jongste stand van damme:
26 September
- Korentepoortdam - 95%
- Duivenhoksdam - 98,8%
- Olive Grovedam - 55%
- Jongensfonteindam - 100%
3 Oktober
- Korentepoortdam - 81%
- Duivenhoksdam - 97,9%
- Olive Grovedam - 57%
- Jongensfontein dam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'