HESSEQUA NUUS - Die afgelope week is 13 mm reën in die Korentepoortdam in Riversdal se opvanggebied gemeet en die damvlak is stabiel op 95%.
Altesame 26,6 mm is reeds in September in dié gebied gemeet. Die Olive Grovedam het met 5% na 50% gestyg en die Duivenshokdam is 1% laer en staan nou op 98,8%.
Die ander damvlakke in die Hessequa-streek konstant gebly het.
Die jongste stand van damme oor die afgelope tyd is as volg:
19 September
- Korentepoortdam - 95%
- Duivenhoksdam - 99,8%
- Olive Grovedam - 50%
- Jongensfonteindam - 100%
26 September
- Korentepoortdam - 95%
- Duivenhoksdam - 98,8%
- Olive Grovedam - 55%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'