HESSEQUA NUUS - Goeie reëns die afgelope week in die Korentepoortdam se opvanggebied het meegebring dat die damvlak met ongeveer 4% gestyg het. Vir die week is 19,3 mm gemeet, terwyl 29 mm vir die maand gemeet is.
Die Olive Grovedam in Stilbaai het 'n verdere 5% gedaal, terwyl damvlakke in die res van die Hessequa-streek konstant gebly het.
Die stand van damme oor die afgelope twee weke is soos volg:
15 Augustus
- Korentepoortdam - 94,6%
- Duivenhoksdam - 100,3%
- Olive Grovedam - 45%
- Jongensfonteindam - 100%
22 Augustus
- Korentepoortdam - 98%
- Duivenhoksdam - 100,1%
- Olive Grovedam - 40%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'