Gallery Update Video
RIVERSDAL NUUS - Die minister van openbare ondernemings, Lynne Brown, het Maandag 4 September op Riversdal besoek afgelê om samesprekings met 'n taakspan, onder leiding van Cameron Dugmore, ANC LLP van Hessequa te voer.
Volgens Dugmore is hy baie opgewonde oor die minister se besoek aangesien hy haar genooi het om samesprekings te hou met die ANC, asook lede van Gryskrag, 'n plaaslike organisasie wat in samewerking met die munisipaliteit en die Universiteit van Stellenbosch probeer om volhoubare oplossings te vind vir die oopstel van die spoorlyn tussen die Kaap en George.
"Hierdie spoorlyn loop regdeur my kiesafdeling en die samesprekings gaan oor die moontlikheid vir vervoer van mense en goedere. Baie mense uit die gemeenskap het aan my 'n pleidooi gerig oor die probleem met vervoer," het Dugmore gesê.
Hy noem dat hy hierdie samesprekings tussen hulle en die minister sien as net die begin van 'n nuwe reis van hoop.
"What lies before us is the real possibility of transforming and growing the rural economy in ways never imagined. Increased mobility for commuters, for tourists and for agriculture.
"More importantly is the impact this initiative can have on all communities with exciting ideas for partnerships. I want to thank our ANC councillor's, in particular our ward councillor for Albertinia, Ivan Mangaliso and also councillor Chris Taute for their support.
"Also the members of Gryskrag on trying sustainable solutions to our challenges in Hessequa."
Hy noem dat dit slegs die eerste treetjie is, maar glo na samesprekings met die minister sal die moontlikheid om dit te bewaarheid in die toekoms op die vooruitsigte wees.
Minister Brown het die middag 'n loopbaan ekspo vir leerders vanuit die streek aangebied vir die verskaffing van inligting oor loopbane binne staatsbesit, asook die moontlikheid van beurse.
Transnet, Eskom, Denel en Hessequa Munisipaliteit het uitgestal. Leerders het in groot groepe opgedaag en aandagtig na die minister se toespraak geluister waar sy hul meer vertel het van haar jong dae en hoe sy gegroei het tot waar sy vandag is.
Hessequa-burgemeester, Grant Riddles, het haar tydens die geleentheid in die streek verwelkom en aan die leerders gesê hul moet nooit hoop opgee nie. "Ek wil, ek sal, ek kan en ek gaan," is sy woorde aan hulle om 'n sukses van hul toekoms te maak.
Denise Marais, die Suid-Afrikaanse karaoke-kampioen, het tydens die geleentheid opgetree.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel: Minister hou samesprekings met ANC
ARTIKEL EN VIDEO: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'