Gallery Video
HESSEQUA NUUS - Die minister van openbare ondernemings, Lynne Brown het Maandag 4 September 'n besoek op Riversdal afgelê om samesprekings met 'n taakspan, onder leiding van Cameron Dugmore, ANC LLP: Hessequa te voer.
Volgens Dugmore is hy baie opgewonde oor die besoek van die minister aangesien hy haar genooi het om samesprekings te hou met die ANC, asook lede van Gryskrag - 'n plaaslike organisasie wat in samewerking met die munisipaliteit en die Universiteit van Stellenbosch probeer om volhoubare oplossings te vind vir die oopstel van die spoorlyn tussen die Kaap en George.
"Hierdie spoorlyn loop regdeur my kiesafdeling en die samesprekings gaan oor die moontlikheid vir vervoer van mense, asook goedere. Baie mense uit die gemeenskap - soos studente, boere en ander het aan my 'n pleidooi gelewer oor die probleem met vervoer," het Dugmore gesê.
Kyk 'n video hieronder:
Die minister het die middag ‘n loopbaan ekspo in die burgersentrum vir die leerders van die streek aangebied, waartydens Eskom, Transnet, Hessequa Munisipaliteit en Denel uitstallings oor beroepsgeleenthede gehou het.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL EN VIDEO: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'