Die vieringe is ook gekroon met die mondigwording van hul eerste baba wat in die fasiliteit die lig gesien het.
Die baba wat op 2 Junie 1993 met hul opening daar gebore is, Francois Pieters, het intussen al goed gevorder op sportgebied toe hy uitgedraf het vir die SWDRU en sy SWD o.21 kleure verwerf het.
Pieters wat baie potensiaal as beide senter asook vleuel toon, is 'n staatmaker vir die plaaslike rugbyklub. Hy het onlangs met die klub se eerste aanbieding van Mnr Heidelberg Rugbyklub-modeskou, met die kroon weggestap.
Volgens sr Desiree van Deventer, is hulle besonder trots op Pieters en wens hulle hom alle voorspoed toe.
Pieters se ma is tydens sy geboorte bygestaan deur dr Pierre Francois van Zyl, na wie hy vernoem is, sr Charmaine le Roux en Amanda du Plessis, stafverpleegster.
Die personeel van die hospitaal het destyds met Pieters se vyfde verjaarsdag, 'n uithangpartytjie vir hom en sy trotse ouers, Jeffrey en Gladys Noudt gehou.

Amanda du Plessis, stafverpleegster, spog hier met Francois Pieters, die eerste baba wat in die daghospitaal op Heidelberg gebore, kort na sy geboorte. Foto's: Verskaf

Francois Pieters toe hy onlangs as Mnr Heidelberg Rugbyklub gekroon is.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'