HEIDELBERG NUUS - Het jy geweet jy kan iemand se lewe help red?
Baie maklik – deur slegs ‘n bietjie van jou bloed te skenk!
Indien jy op Heidelberg of in die omgewing woon, of selfs net ‘n besoeker in die streek is, kan jy Maandag, 28 September jou deel vir volk en vaderland gaan doen.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'