RIVERSDAL NUUS - Omdat klein kindertjies geneig is om altyd oor die pad te hardloop sonder om links en regs te kyk, het Morné Dyason van Riversdal-verkeersdienste en Daantjie Kat vir Goggaboks op Vrydag 19 Mei gaan kuier om die kinders meer oor padveiligheid te leer.
Met die praatjie wou hulle ook die verskillende padtekens aan hulle verduidelik en seker maak die kinders ken dit.
Die kinders het elkeen soos 'n padteken aangetrek en vir Daantjie Kat heeltemal onkant gevang met hoeveel hul wel van padtekens af weet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’