ALBERTINIA NUUS - Hoop was die tema van DA Albertinia (DawnWN) se Vroue-Oggend waar Vrouedag op Saterdag 11 Augustus by die dienssentrum gevier is.
Die dames is deur verskeie sprekers toegespreek wat die spoggeleentheid bygewoon het.
Rita Britz het voordrag gelees, wat handel oor hoop en die inpak daarvan. Doreen Weber, 'n oudonderwyser van Albertinia het gepraat hoe daar altyd hoop is. Wanneer jy as vrou glo en begin beweeg, sal die nodige deure vir jou oopgaan.
Rdl. Theresia van Rensburg van Eden-distriksmunisipaliteit het die belangrikheid en waarde van 'n gesonde administrasie genoem en die hoop wat dit in werklikheid vir vroue inhou. Goeie administrasie verseker dat die nodige dienste altyd daar sal wees en so sal bydrae om vroue se lewe te bemagtig en help om suksesvol te wees.
LP Denise Robertson het aan die vroue gesê dat dit belangrik is om die grondwet te verstaan en wat daarin geskryf is, veral na die verwysing van vrouens se regte.
Die gaste is verder op mooi musiek getrakteer deur Die Troebadoere terwyl hulle aan heerlike eetgoed gesmul het. Die geleentheid is afgesluit deur die voorsitter, Koos Pieterse waarin hy elke persoon vir hulle betrokkenheid bedank het.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'