RIVERSDAL NUUS - Die koronavirus, amptelik bekend as Covid-19, is besig om paniek te saai.
In Suid-Afrika, waar die eerste sewe bevestigde gevalle tot en met Dinsdag 10 Maart aangemeld is, is mense op loop.
Selfs in dorpe in die streek staan mense tou om maskers en handreiniger te koop, maar volgens 'n apteker het nie eens groothandelaars dié items meer in voorraad nie.
By 'n tehuis vir bejaardes word vereis dat almal wat in of uit beweeg vloeibare handreiniger gebruik.
Dokterspreekkamers op die dorp het 'n kennisgewing op die deur wat pasiënte wat van die simptome, naamlik koors, verkouesimptome soos 'n droë hoes of kortasemigheid ervaar, hulle verkieslik moet bel eerder as om ander mense in die spreekkamer aan te steek.
Pathcare se depots op Mosselbaai, Knysna en die een by die Harry Mann-sentrum in George kan die nodige toetse doen. Pasiënte op Oudtshoorn moet die tak daar bel en personeel sal hulle by die ongevalle-afdeling by Oudtshoorn-hospitaal ontmoet.
Volgens dr. Dalene Brink, mikrobioloog by Pathcare in George moet pasiënte verkieslik deur hul huisdokter verwys word, al het hulle net oor die telefoon met die hom gepraat. Pasiënte wat nie verwys word nie, is vir die vereffening van die rekening verantwoordelik en moet dit self van hul mediese fonds verhaal.
Daar aangekom moet 'n baie lang dokument wat deur die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (NIOS) vereis word, ingevul word. Die vorm sal die instituut in staat stel om pasiënte met die siekte te monitor.
Dokterspreekkamers op die dorp het 'n kennisgewing op die deur wat pasiënte wat van die simptome ervaar versoek om hulle verkieslik te bel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'