Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Die Covid-19 kitsbroodjie wat op verskeie sosiale media platforms te siene is, bak jy met slegs drie bestanddele in jou koskas: Een eetlepel grondboontjiebotter, een eier en een teelepel bakpoeier.
Klits dit saam, gooi in ’n koffiebeker, bak twee minute in die mikrogolfoond en siedaar!
Maar nie almal is so knap in die kombuis nie.
Joernalis Tisha Steyn het die resep probeer, maar darem met die tweede probeerslag sukses behaal…
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'