HESSEQUA NUUS - Die veiligheid van inwoners en besoekers aan die dorp gedurende die feesseisoen is hoog op die plaaslike buurtwagte se lys.
Tydens die koordineerdersvergadering op Donderdag 5 Desember is op versoek van Stilbaai-polisie besluit om ekstra patrollies tussen 6 Desember en 31 Januarie te ry.
Buurtwagvoertuie vertoon geel magneetborde met die woord 'buurtwag' duidelik daarop aangebring. In die nag sal elke voertuig se draaiende wit lig ook maklik sigbaar wees.
Daar is 10 afsonderlike buurtwagte in die Jongensfontein, Stilbaai en Melkhoutfontein-gebied wat onder Stilbaai-gemeenskapspolisiëringsforum funksioneer. Vir administrasie en beter funksionering is hulle voorlopig in drie geakkrediteerde buurtwagte by die departement van gemeenskapsveiligheid van die Wes-Kaapse regering gekonsolideer, maar elkeen werk steeds outonoom.
Buurtwaglede het slegs die magte en regte van gewone landsburgers en inligting oor verdagte persone of voertuie en waarnemings soos verlate geboue word onmiddellik aan die polisie deurgegee. Gedurende patrollies word 'n gemiddelde spoed van 20 km per uur gehandhaaf en alle verkeersreëls moet gehoorsaam word.
Die 10 buurtwagte en die onderskeie koördineerders is:
- Hawegebied: George Sabbagha (083 650 7430);
- Stilbaai Hoogte: Johan Swanepoel (072 090 7778);
- Stilbaai-Oos: Pieter Lategan (082 808 6559);
- Palinggatoord: Roelof Maree (076 275 9604);
- Preekstoel: Cliff Marais (083 321 0029);
- Moquinistrand en Ellensrust karavaanpark: Johan Barnard (071 688 3447);
- Melkhoutfontein: Chrystal Conradie (079 252 7131);
- Jongensfontein: Wynand Potgieter (072 397 9475);
- Kloofsig: Coen Marais (082 375 4168);
- Platbos: Danie Scholtz (082 411 6768).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'