STILBAAI NUUS - Stilbaai-sakekamer het met Die Brugmark se komitee hande gevat en na onderhandelinge met Hessequa-munisipaliteit aan wie die grond behoort, is die terrein weer vir ‘n aanvanklike vyf jaar gehuur.
Volgens Rachel Wall, voorsitter van die sakekamer het hulle al in April 2020 met die brugmark se komitee, asook die munisipaliteit begin onderhandel.
Na goedkeuring is afdakke opgerig, die terrein is verfraai en 'n mooi nuwe naambord het die lig gesien.
“Die sakekamer het besluit om betrokke te raak omdat ons doel tog is om entrepreneurs te ontwikkel en by te staan, asook om Stilbaai se ekonomie deurentyd tot groter hoogtes te vat,” het Wall gesê.
Die Brugmark gaan vanaf 15 Desember tot 8 Januarie elke dag oop wees vanaf 09:00 tot 17:00, behalwe Sondae en Kersdag.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'