Update
RIVERSDAL NUUS - Die brande wat Dinsdag 31 Oktober op sewe plekke ontstaan het as gevolg van weerlig op die berge noord van Riversdal, is intussen geblus.
Volgens Charl Wade, westelike streekbestuurder van die South Cape Fire Protection Association (SCFPA) is lugsteun ingeroep om een vuur wat 'n plantasie bedreig het, te bestry. Die lugsteun en 'n vinnige reënbui het dié vuur geblus.
Noue samewerking tussen CapeNature, Mountain to Ocean bosbou-maatskappy (MTO) en die SCFPA wat lugsteun ingeroep het, het moontlik groot verliese verhoed.
Vier van die brande was teen Woensdag 1 November geblus as gevolg van reën en koel temperature deur die aand.
Die twee vure bo Garcia-plantasie en een in Kristalkloof was nog aktief teen Sondagoggend 5 November.
Die 'stert' van die oorspronklike vuur het om die kop gevorder aan Garcia-plantasie se kant.
Dit het stadig na die teerpad se kant afbeweeg en plek-plek reeds teen die pad gebrand, maar die reën Sondagaand 5 November het baie bygedra dat dit geblus is.
Die brand op Kristalkloof soos op Donderdag 2 November.
Read related articles:
• Update: Karatara fire
• Fire in Karatara being monitored
• Brande op berge onder beheer
• Brand by Ruiterbos onder beheer
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'