STILBAAI NUUS - ‘n Beheerde brand wat weens die sterk wind hand uitgeruk het, woed langs die Plaveipad net buite Stilbaai.
Volgens Alison Bryant, voorsitter van die Stilbaai Gemeenskapspolisiering-subforum (GPSF) is brandbestryders op die toneel om te sorg dat die vuur nie na die bewoonde gebied versprei nie. Volgens haar draai die wind gedurig.
“Dis moeilik om die brand te stuit, want die wind stoot dit telkens in ’n ander rigting.
Hessequa-brandweer is op die toneel. Eden en George se brandweer verleen ook hulp.
Lugondersteuning (helikopter en vliegtuig) wat by ’n brand in die Knysna-omgewing ontplooi was, is op pad na Stilbaai.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'