Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - ’n Beheerde brand wat vermoedelik naby Garcia-plantasie Woensdag 16 Mei begin het, het buite beheer geraak en het versprei nadat ’n sterk wind opgekom het.
Volgens Charles Wade, streeksbestuurder van Southern Cape Fire Protection Association (SCFPA) is die brand wat na die plantasies versprei het, tans redelik onder beheer hoewel daar steeds oop vlamme is. Lugsteun sal weer vandag ingeroep word.
SCFPA, Mountain to Ocean (MTO), Working on Fire (WoF) en Eden-brandweer help op die oomblik. Eden-brandweer is ingeroep omdat daar plase is wat nou bedreig word.
Selfs CapeNature was Maandag 21 Mei betrokke.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'