RIVERSDAL NUUS - 'n Brand wat op Saterdagoggend 16 September in Kwanokuthula ontstaan het, het die lewens van twee mense geëis.
Volgens polisiewoordvoerder, sers. Christiaan Jansen, het die brand omstreeks 00:35 in die Nkanini-woonbuurt uitgebreek en vinnig versprei.
Tien sinkstrukture het afgebrand voordat die brandweerdienste dit kon blus.
Jansen sê die liggame van 'n 29-jarige man en 'n vierjarige dogtertjie is in die puin gevind.
Daar was geen ander ernstige beserings nie.
Die name van die oorledenes is nog nie bekend nie.
Foto's verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’