HESSEQUA NUUS - 'n Brand wat Sondag 1 Desember by Potberg in die omgewing van Kadie uitgebreek het, het weer opgevlam.
Die sterk wind het die brand by Infanta oor die Breederivier gewaai.
Overberg-distriksmunisipaliteit se brandweer is op die toneel om die boere te help om strukture en vee te beveilig. Hessequa-brandweer is ook op pad daarheen.
Die oorsaak en omvang van die brand is nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'