Video
HESSEQUA NUUS - 'n Botsing tussen twee voertuie wat omstreeks 15:15 op Sondag 9 Februarie in dieselfde rigting op die N2 op pad was, het nooddienspersoneel en omstanders op die toneel laat kopkrap.
’n Donkerblou passasiersvoertuig en ’n wit bakkie was albei in die rigting van Heidelberg onderweg toe die botsing sowat 15 km buite Riversdal by die kruising na Kragga en Droërivier plaasgevind het.
Volgens ’n motoris, het albei die voertuie – eers die kleiner voertuig en toe die bakkie - hom na bewering teen ’n hoë spoed op die lang afdraand na die kruising verbygesteek.
Volgens die bestuurder van die bakkie het die bestuurder van die ander voertuig skielik by die kruising tot stilstand gekom, klaarblyklik om af te draai.
Niemand is in die botsing beseer nie en volgens ambulanspersoneel het niemand mediese hulp nodig gehad nie.
Verkeerspersoneel het verseker dat die swaar Sondagmiddagverkeer op die N2 sonder verdere teenspoed verloop.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'