EDEN-DISTRIK NUUS - Eden-distriksmunisipaliteit het befondsing gekry vir die oprigting van twee waterskaars-kennisgewings per munisipaliteit vir al die munisipaliteite in die distrik.
Die druk en oprigting is deur Eden befonds.
Hessequa-munisipaliteit vertrou dit sal inwoners en besoekers bewus maak om water spaarsamig te gebruik.
Hessequa se borde is by Riversdal en Heidelberg langs die N2 aangebring.
Die koördinate isaan Eden DM deurgegee en die twee oprigtingsgebiede is deur die munisipale bestuurder, Johan Jacobs en die tegniese afdeling geïdentifiseer.
Befondsing is spesifiek beskikbaar gemaak deur die departement gemeenskapsdienste se afdeling: rampbestuur.
ARTIKEL & FOTO: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'