Update
STILBAAI 'n Klompie bome is vroeër die maand op dié kusdorp, asook Melkhoutfontein as deel van die #100 000 Trees-projek aangeplant.
Raadslid Ben Smith (wyk 1) het Maandag 7 Augustus bome op Melkhoutfontein by die ingang van die dorp en voor die kliniek geplant. Bankies vir inwoners om op te sit sal ook aangebring word.
Bome is Donderdag 10 Augustus oorkant Huis Stilbaai geplant. Dit vorm deel van 3 000 bome wat deur 'n inwoner van Stilbaai geskenk is om die dorp te vergroen. Nog 'n inwoner het R10 000 vir 'n drupstelsel geskenk sodat die bome voldoende water kry.
Klik hier vir 'n fotogalery.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'