HESSEQUA NUUS - Grendeltyd beteken boekwinkels is ook gesluit en iemand wat ’n Bybel of enige ander Christelike materiaal wil koop, staan voor toe deure.
Projek Selah wil dié leemte vul met bokse waarin Christelike tydskrifte, cd’s, dvd’s en Bybels as donasies geplaas kan word.
Die organiseerders versoek lede van die publiek om aan die projek deel te neem deur bokse met Christelike materiaal te vul en dit in besighede wat bereid is daartoe, te plaas met ’n uitnodiging aan mense om ’n item te neem.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'