Hessequa onder-burgemeester, rdl. Julian Merkeur het die seremonie saam met mnr. André Hansen (hoof, parke en oorde) waargeneem. Hansen het kortliks meer vertel ra-kende die blouvlagprogram en die voordele wat dit vir die streek inhou. Merkeur het er-kenning gegee aan die persone betrokke by die inisiatief en genoem dat inwoners en besoekers trots kan wees op dié suksesverhaal binne Hessequa se grense.
Gesogte eko-etiket
Dié gesogte eko-etiket pas perfek in die visie van Stilbaai toerisme en die Hessequa raad om op 'n eko-vriendelike wyse eko-toerisme in die streek te bevorder. Daar is 32 voorwaardes waaraan 'n blouvlagstrand moet voldoen, waaronder watergehalte, omgewingsinligting, omgewingsbestuur, veiligheid en dienste. Die hoofdoel van 'n blouvlagstrand is om 'n skoon en veilige strand vir alle strandgebruikers daar te stel.
Wat beteken dit vir swemstrande?
Die seewater sal elke twee weke tydens die blouvlagseisoen getoets word vir skadelike bakterieë. Die strandgebied en ablusie-geriewe moet ten alle tye skoongehou word. Lappiesbaaistrand spog met 'n rolstoelvriendelike ablusiegerief vir gestremdes. Honde word nie op blouvlagstrande toegelaat nie en lewensredders is aan diens op die strand.
Sien nog foto's hier.
* IN SHORT
Hessequa Municipality will partake in the eco-friendly Blue Flag Programme with four beaches in the region which were awarded Blue Flag status. Lappiesbaai and Preekstoel beaches in Stilbaai, Gouritsmond and Witsand beaches will also have Blue Flag status. There are 32 criteria which a Blue Flag beach must adhere too,which includes water quality, environmental information, environmental management, safety and services. Blue Flag Season started on 4 December and will close on 15 January 2014.

Mnr. André Hansen (hoof, parke en oorde Hessequa) oorhandig die 2013/2014 blouvlag aan die uitvoerende onder-burgemeeester van Hessequa, rdl. Julian Merkeur. Inlas: Die onder-burgemeester hys die vlag terwyl lewensredders toekyk.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'