STILBAAI NUUS - Die vlag van een van die ses strande in die Hessequa-streek wat vol blouvlagstatus ontvang het, is Vrydag, 11 Desember amptelik gehys.
Die seremonie op Lappiesbaai, Stilbaai is deur die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, bygestaan deur raadslede Tinus van den Berg (wyk 1), Ben Smith (wyk 3), asook die speaker van die raad, Andrew Stroebel, behartig.
Die seremonie verteenwoordig ook Preekstoel, Stilbaai-Wes en Jongensfontein wat almal in die Stilbaai-gebied geleë is.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'