Update
RIVERSDAL NUUS - Inwoners se volgende geleentheid om bloed te skenk sal op Donderdag 24 Oktober plaasvind.
Die kliniek sal van 15:00 tot 18:45 by die burgersentrum in Van den Bergstraat gehou word.
Die Wes-Kaapse Bloedoortappingsdiens beveel voornemende skenkers aan om minstens drie tot vier uur voor die tyd 'n maaltyd te eet en baie vloeistof voor, tydens en na skenking in te neem. Nadat bloed geskenk is moet fisiese oefening ook beperk word.
Aangesien die kliniekdatum weens onvoorsiene omstandighede kan verander moet die besonderhede vooraf op die webtuiste bevestig word: https://www.wcbs.org.za
Lees 'n vorige artikel hier: Wys jy gee om deur bloed te skenk
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'