Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddienste (SANBS) is tydens hul laaste bloedskenkingsessie op Riversdal, goed ondersteun.
Die SANBS het Donderdag, 11 Februarie in die burgersentrum gepoog om 100 eenhede se bloedskenkings te bekom. Hulle het die dorp met 85 eenhede verlaat.
Wat bemoedigend was is die feit dat 10 nuwe skenkers opgedaag het om bloed te skenk. Van die gereelde skenkers het 75 opgedaag.
Een van die nuwe skenkers, Sherone Hendricks het gesê die feit dat sy verneem het baie kinders benodig bloed om te oorleef, het haar aangespoor om vir die eerste keer bloed te skenk.
Hendricks het gesê sy sal definitief weer bloed skenk.
Die volgende geleentheid om bloed te skenk is op 25 Februarie op Stilbaai en 8 April op Riversdal.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Bloeddienste bereik bykans teiken
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'