HESSEQUA NUUS - Bloed is die lewensaar van enige hospitaal en joú bloed kan iemand se lewe help red.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, 'n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Die volgende bloeddiensklinieke
Riversdal
8 September, 6 Oktober en 10 November in die Thusong-sentrum tussen 14:00 - 18:45.
Heidelberg
12 September en 14 November in die stadsaal, Van Riebeeckstraat tussen 12:00 – 17:30.
Albertinia
27 September en 29 November in die stadsaal, Hoofstraat tussen 14:00 – 18:00.
Stilbaai
13 Oktober en 15 Desember in die gemeenskap-sysaal tussen 12:00 – 15:00.
Neem kennis dat die datums hierbo bevestig is, maar dat daar wel soms veranderinge kan kom.
Skakel 044 874 2074 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'