Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - "Van Cars se kant af, maar ook namens Kansa wil ek ‘n groot applous aan die gemeenskap wat die Bark for Life Relay saam met hul viervoetiges geniet het," het Sandra Lotz, voorsitter van Cars gesê na afloop van die 'Bark for Life' op Saterdag 21 Oktober.
Die boodskap wat Kansa, asook Cars (Community Animal Rescue Services) met die geleentheid wou tuisbring, is dat diere, maar veral honde in ons lewens vir 'n doel is - hetsy as metgesel of versorger.
Volgens het ons egter ook ‘n verantwoordelikheid teenoor ons troeteldiere om na hulle om te sien. Deur hulle te steriliseer, verminder jy hul kans om kanker te kry.
"Om saam te vat was dit net ‘n lekker dag vir oud en jonk. Kinders kon op die springkasteel spring en mense kon ‘n oulike foto by die 'Photoboot'
neem, pannekoek of 'n worsbroodtjie eet. Stalletjies was daar ook, maar die belangrikste is dat die mense hul geniet het saam met hul geliefde hondekind," het Lotz afgesluit.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'