Gallery
GOURITSMOND NUUS - Die plaaslike biblioteek het kinders van Bitouville tydens hul onlangse jaarafsluiting met 'n poppespel en lekkernye bederf.
Lede van die biblioteek het saam met 50 kinders gekuier, geëet en gespeel.
Elke kind is met 'n geskenkpakkie verras wat bestaan het uit koek, lekkers, speelgoed, Kersfeesklappers, yssakkies en koeldrank.
Die biblioteekpersoneel, Talita Rademeyer, Annerie du Plessis en Mien Naudé moes bontstaan om eers boeke om te ruil en toe eetgoed uit te deel.
Die biblioteek verrig 'n uitstekende diens met hul twee takke.
By die Gouritsmond-tak is daar 'n wye verskeidenheid Afrikaanse en Engelse boeke, met nuwe eksemplare van gewilde skrywers beskikbaar.
Talita Rademeyer skink 'n lafenis om die lekkernye mee af te sluk.
Die biblioteekpersoneel is van links Talita Rademeyer, Annerie du Plessis en Mien Naudé by twee van die leerders wat boeke omruil.
Die Bitouville-tak vir kinders is een dag per week oop.
'Ons bring jou die nuutste Gourtismond, Hessequa, Karoo nuus'