ALBERTINIA NUUS - Die bestuurder van 'n Toyota Avanza wat aan die EMS-nooddienste behoort, is beseer toe die motor die pad verlaat en in die bosse langs die N2, ongeveer 17km buite Albertinia, rigting Riversdal beland het.
Volgens sers Ciska Badenhorst, kommunikasiebeampte van Albertinia-polisie het die voorval Maandag, 7 Maart om ongeveer 10:00 gebeur.
"Die bestuurder is na die Life Bayview-hospitaal op Mosselbaai geneem, maar die aard van sy beserings is onbekend," het sy gesê. Die vermoede bestaan dat hy waarskynlik beheer oor die voertuig verloor het. 'n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondesoek.
Lees vorige artikel:
'Ons bring jou die nuutste Albertina, Hessequa nuus'