ALBERTINA NUUS - Die insittendes van ‘n Toyota Avanza wat aan die EMS-nooddienste behoort, is beseer toe die motor die pad verlaat en in die bosse langs die N2, ongeveer 17km buite Albertinia, rigting Riversdal beland.
Volgens sers Ciska Badenhorst van Albertinia-polisie is dit in hierdie stadium nie seker wat gebeur het nie.
Die voorval het ongeveer 10:00 vanoggend gebeur.
Alle rolspelers is op die toneel en die pad is oop vir verkeer.
'Ons bring jou die nuutste Albertina, Hessequa nuus'