STILBAAI NUUS - ’n Titseltjie ingevoerde talent in die beproefde resep van plaaslike kunstenaars en toneelspelers is nét die ding om van 2019 se Passiespel op Stilbaai ’n onvergeetlike ervaring te maak.
Die Calitz-gesin is ou bekendes vir die musiekdirekteur van die Passiespel, Elize Pienaar, wat Corniël Calitz genooi het om aan die produksie deel te neem.
Calitz is besig met sy meestersgraad in kommunikasie aan die Noord-Wes Universiteit, Potchefstroom-kampus, maar hy loop al ’n lang pad met sang en musiek.
As predikantseun moes hy gereeld in die gemeente optree, maar hy reken hy het nie juis besondere talent op ’n jong ouderdom getoon nie. Dis eers op 16, nadat sy stem gebreek en die baskwaliteit daarvan duidelik geword het, dat hy tot sy reg begin kom het. Hy het sanglesse geneem en in skoolproduksies opgetree.
Behalwe klassieke sang is hy ook lief vir musiekteater, jazz, asook fliek- en rekenaarspeletjietemas. Hy is gefassineer deur die impak wat musiek op ’n storie kan hê.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'