ALBERTINIA NUUS - Die top-besigheidspersoon van die jaar, asook top-besigheid in die gebied is Vrydag 21 September deur die Mosselbaai-sakekamer by Jakkalsvlei Private Cellar bekend gemaak.
Albertinia Meubelvervoer was die naaswenner in die top-besigheidkategorie (groot klas) en Vanie Oosthuizen, besigheidsman en eienaar, is ook as naaswenner in die kategorie vir top-besigheidspersoon aangewys.
Na sowat 12 jaar as eienaar meen Oosthuizen dat sy bekwame en lojale personeel eintlik die wenners is. Oor sy toekenning in die top-besigheidspersoon het hy gesê dat die stelling 'agter elke suksesvolle man 'n sterk vrou staan' die waarheid is en bedank hy sy vrou, Elise, vir haar volgehoue ondersteuning.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'