STILBAAI NUUS - Sakkie Liebenberg van die dorp het Saterdagnamiddag 29 September in temperatuur wat tot 38 grade gestyg het, twee bergsklipaaie in die Klein-karoo op die Brandrivierpad gevind.
Liebenberg het gesê: "Ons het die skilpaaie in die ouland op Ernst du Preez se plaas gekry, opgelaai en op die nat klei langs die gronddam kom sit. Sonder om te drink, storm hulle die water in.
"Die kleintjie het drie keer deur die dam geswem, uitgeklim en geloop.
"Die grote het vier keer deur die dam geswem. Wanneer hy uitklim en die warm grond onder hom voel, draai hy terug en kom swem weer. Na ongeveer 20 minute het hy ook uitgeklim. Hulle het seker afgekoel."
Met dop en al, dit is heerlik om bietjie af te koel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'