RIVERSDAL NUUS - ’n Inwoner van die dorp koester ’n droom om ’n veilige tuiste vir kinders en vroue in nood in Riversdal te skep.
Lilian Burke, voorsitter van KANSA Riversdal, werk nou saam met die ACVV en Kinderwelsyn en doen slagofferberading by die polisie se traumakamer en by skole.
Sy is besig om ’n nie-regerings organisasie sonder winsbejag te registreer ten einde so ’n toevlugsoord tot stand te bring.
Sy het dringend ’n huis in die dorp of op ’n plaas of enige struktuur wat in ’n veilige skuiling omskep kan word, nodig.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'