RIVERSDAL NUUSFLITS - Jaffie Damons het sy beursie gister (6 September) in die dorp tussen Riversdal SuperSpar en die apteek in Hoofweg verloor.
Dit moes enige tyd na 15:00 gebeur het.
Volgens hom is die waardevolste ding wat daarin was, sy bestuurslisensie. Hy het reeds sy bankkaart gekanselleer.
Hy bied 'n beloning aan vir enigiemand wat dit aan hom terugbesorg - indien die lisensie nog daarin is.
Skakel hom by 083 309 0200.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'