Update
HESSEQUA NUUS - Tydens seremonie in Heidelberg op 19 Mei is Hessequa-munisipaliteit se kliëntedienshandves aan die publiek bekendgestel.
Die handves is deur die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering, in samewerking met die munisipaliteit se departement vir strategiese dienste opgestel vir verspreiding aan alle huishoudings in die Hessequa-gebied gedurende 2021.
Dit is in al drie amptelike tale saamgestel en die projek is deur die departement van plaaslike regering befonds.
Die handves bevat 'n lys van dienste wat deur die munisipaliteit aan die publiek gelewer word, asook die tydperk (diensvlakdae) waarbinne die diens gelewer behoort te word. Die munisipaliteit se diensstandaarde word jaarliks hersien, waarna dit deur die raad goedgekeur word.
"Hessequa-munisipaliteit poog om deurlopend 'n diens van hoë gehalte aan die inwoners en besoekers in terme van die geïntegreerde ontwikkelingsplan as 'n omgee-munisipaliteit te lewer," het die munisipale bestuurder, Johan Jacobs gesê.
Volgens hom is dienslewering van 'n hoë standaard die hoeksteen van 'n suksesvolle munisipaliteit en kan dit slegs bereik word deur hoogs gemotiveerde werknemers wat self verantwoordelikheid vir hul eie take neem, sowel as 'n kollektiewe verantwoordelikheid vir alle plaaslike owerheidsfunksies.
"Elke amptenaar in Hessequa-munisipaliteit is tot hierdie kliëntedienshandves toegewyd en sal daarna streef om kliënte tevrede te stel."
Vorige artikel: Kliëntedienshandves bekendgestel
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'