HESSEQUA NUUS - Op 19 Mei is Hessequa-munisipaliteit se Kliëntedienshandves tydens ‘n seremonie aan die publiek bekendgestel.
Dit is in al drie amptelike tale saamgestel en die projek is deur die departement van plaaslike regering befonds.
Die handves bevat ‘n lys van dienste wat deur die munisipaliteit aan die publiek gelewer word, asook die tydperk (diensvlakdae) waarbinne die diens gelewer behoort te word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'