RIVERSDAL NUUS - Die skrywer, Hendie Grobbelaar van Gouritsmond wat gewildheid gewerf het vir haar kortverhaalbundels en radiodramas , kom lê besoek af in Riversdal, om haar nuwe boek bekend te stel.
Rex van Vuuren sal met Grobbelaar gesels om vas te stel waar sy die inspirasie ontvang het vir die nuwe boek.
Carmen Carelse, jarelange onderwyser en vrou van skoolhoof Dennis Carelse gaan gedeeltes van Bernard Fielies, bekende digter en oud-Riversdaller se werke voorlees wat ook by die geleentheid gaan wees.
Dit vind op 26 Maart om 12:00 in die plaaslike biblioteek plaas. Onthou om vroegtydig jou plek te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'