HEIDELBERG NUUSFLITS - Die Tent Van Samekoms-bediening, onder leiding van leraar Nicholas Hendricks het die naweek van Saterdag 7 tot Sondag 8 Oktober ’n saamtrek in die Duivenhoks-gemeenskapsaal gehou.
Dit het met hul 10-jarige bestaan saamgeval wat in 2007 op Eersterivier gestig was. Drie lidmate, Christopher Cieta (proef pastoor), Chris Lewis en Kallie Oktober (beide proef-evangeliste) is ook tot hoër ampte bevestig.
Volgens Hendricks, wat sedert die stigting van die bediening voltyds in die tuig staan, wil hy en sy span in samewerking met ander bedieninge hul beywer om die morele waardes van die gemeenskap te herstel.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'