STILBAAI NUUS - Die jaarlikse basaar van Huis Stilbaai, wat die grootste en belangrikste geldinsamelingsprojek van die tehuis is, het die pragtige bedrag van R350 739 geïn.
"Baie dankie aan almal wat so hartlik saamgewerk het met ons basaar, veral die sameroepers en kollektante en hul spanne.
Ons dank aan die gemeenskap van Stilbaai, asook alle besoekers wat met hulle ondersteuning die sukses van die basaar verseker het," het die bestuurder, Babs Kïrchner gesê.
Sy het ook 'n spesiale woord van dank en waardering aan die inwoners, personeel en beheerraad wat ook hard saamgewerk het, gerig.
"Alle eer en dank aan ons Hemelse Vader!"
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'