Update
ALBERTINIA NUUS - In kommentaar op verlede week se berig oor FNB wat op dié dorp hul gebou se deure gesluit het, het Lee-Anne van Zyl, hoof- uitvoerende beampte: 'Points of Presence' gesê dat 'n in diepte ondersoek na sy lewensvatbaarheid uitgevoer is voor die besluit geneem was.
"'n Tydelike kitsbank is naby die plek waar die bank was, geplaas om ons kliënte in staat te stel om kontantonttrekkings te verwerk," aldus Van Zyl.
Hulle is ook besig om 'n outomatiese deposito-teller (ADT) te installeer om kliënte in staat te stel om kontantdeposito's en onttrekkings teen 'n koste-effektiewe koers te maak.
"Ons moedig kliënte aan om van ons digitale kanale, soos die FNB Banking App of Online Banking gebruik te maak waar die meeste transaksies wat tans binne in 'n tak bedryf word, te doen."
Lees 'n vorige artikel: Kliënte van bank ongelukkig oor sluiting
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'