Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Inus Baard, wat op 14 September die pad van Saldanha na Port Elizabeth ter wille van 'n kinderoord aangepak het, is weer fris en vars na hy reeds op 13 Oktober sy eindpunt bereik het.
Ten spyte van die beserings wat hy sowat 280 km voor die eindpunt opgedoen het, het hy deurgedruk en sy doelwit bereik.
Sy vrou, Gerda het hom net voor Port Elizabeth ingewag en saam met hulle Yorkshire terrier, Kaila, het hulle die laaste ent kafgedraf.
Ongelukkig het hy nie die beoogde bedrag ingesamel nie, maar is hy steeds dankbaar vir elke sent.
Baard het na die uitmergelende staptog lekker gerus, maar neem darem gereeld vir Kaila vir 'n stappie.
Baard het verlede maand op 28 September deur Heidelberg gestap en Suid-Kaap Forum het hom toe daar verwelkom.
Kyk 'n video hieronder:
Vir meer oor sy poging en fondsin-samelingsprojek, besoek www.mtrsmitbigwalk.co.za.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'