Video
HEIDELBERG NUUSFLITS EN VIDEO - Inus Baard (68) het op 14 September te voet vanaf Saldanha vertrek en beoog om op 13 Oktober Port Elizabeth te bereik.
Die doel van dié grootse staptog is om mense bewus te maak, asook geld vir Kinderoord MTR Smit in Port Elizabeth te in.
Die oord bestaan uit 93 behoeftige kinders tussen die ouderdom van drie tot 18 jaar oud.
Dié dapper stapper het Woensdag 27 September by Heidelberg aangedoen waar Suid-Kaap Forum met hom en sy vrou, Gerda gesels het.
Nie net maak hy mense bewus van sy uitreike nie, maar wil hy ook die lig en liefde van Jesus uitdra en in ander mense se lewens ‘n verskil maak.
Vanjaar kon sy vrou hom vir die eerste keer met die motor vergesel en deel sy ook in die ervaring. Volgens haar raak sy meer bewus van elke tree wat hy gee.
Hy wil die fondse vir solargeisers aanwend, wat op nege huise aangebring gaan word waarin die kinders van die oord bly.
Hierdie toevoeging sal die oord tot R30 000 per maand bespaar aan elektrisiteitsonkostes.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'