HEIDELBERG NUUS - Die ambulanspersoneel van Heidelberg het tydens hul rondtes in die gemeenskap opgemerk dat 'n inwoner van Diepkloof, Susanna Cillie haar woning tot die beskikking van minderbevoorregtes oopgestel het. voorregtes oopgestel het.
Sy het onlangs ‘n sopkombuis, Suzie’s Soup Kitchen geopen.
Die personeel het besluit om ’n bydrae te maak om Cillie en haar helper, Anna van Rooyen te ondersteun.
Van links is Martin Baker, Bernithea Hobbs, Anna van Rooyen, Marchelaine Williams, Arnold Davids en Devoroh Roberts by van die kruideniersware wat hulle geskenk het.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'