JAGERSBOSCH NUUS - Die algemene jaarvergadering van die dorp se gemeenskapssorgsentrum vind Woensdag 30 Mei om 17:00 in die gemeenskapsaal plaas.
Die teenwoordigheid van lede, nie-lede, asook nuwe inwoners en belangstellendes is uiters belangrik, aangesien die volhoubaarheid van Jagersbosch bespreek en belangrike besluite geneem gaan word.
Volgens die onlangse nuusbrief het Jagersbosch gedurende die afgelope finansiële jaar goed presteer, wat te danke is aan skenkings en donasies deur lede, verenigings, sakelui en die ondersteuning van die breë gemeenskap.
Jagersbosch se jaarlikse basaar word gedurende die winterskoolvakansie gehou en vind op Saterdag 7 Julie in die gemeenskapsaal plaas.
Belangstellendes kan vir Carina by die Jagersbosch-kantoor kontak by 028 754 1934 of vir Tine-Mari by 028 754 3204.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'