GOURITSMOND NUUSFLITS - Die Gouritsrivier Bewaringstrust en bekommerde inwoners van die dorpie het onlangs die belangrike taak van herwinning aangepak en begin met bewusmaking en praktiese ingrypings.
Henque Waste is ingeroep vir ondersteuning en saam met Hessequa Munisipaliteit word daar aan werkbare en langtermyn oplossings gewerk.
Bietouville, net buite Gouritsmond, se kinders kom gewoonlik Donderdae bymekaar by die klein biblioteek vir leesaktiwiteite en om 'n liefde vir boeke by hulle te kweek.
Een van hierdie geleenthede is onlangs gebruik om hulle in te lig oor herwinning en wat die nagevolge is van rommelstrooi.
Elke kind is voorsien van 'n herwinningsak en instruksies oor wat in die sak mag en nie mag kom nie.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'